Dancing at the Boddington Afrikaans Kuier

Boddington Afrikaans Kuier

Boddington Afrikaans Kuier

29 Desember 2026 – 2 Januarie 2027

Vyf dae van braai, sokkie, boeresport en ’n Suid-Afrikaanse kuier — by die Boddington Rodeo-gronde, WA.

5 Dae500 Suid-AfrikanersBoddington, Wes-Australië

Vyf dae se kuier

Een keer ’n jaar pak 500 Suid-Afrikaners die bakkies en kom kuier saam by die Boddington Rodeo-gronde, net buite Perth. Vyf dae lank kamp ons, braai ons, dans ons, speel ons boeresport en vier ons alles wat dit beteken om ’n Suid-Afrikaner te wees — ver van die huis, maar nooit ver van mekaar nie.

Kamp & Potjiekos

Kamp & Potjiekos

Kamp langs jou maats onder die sterre en geniet ’n heerlike potjie saam. Weens die brandverbod dié tyd van die jaar is oop vure nie toegelaat nie — ons hou dit by die gas.

Sokkie

Sokkie

Dans tot die son sak en weer opkom. Treffers van die ou dae tot die nuutste Afrikaanse hits.

Boeresport

Boeresport

Tou-trek, sak-resies en al die ou boeresport-speletjies — pret vir die hele familie.

Fatman Live

Fatman Live

Die een en enigste Fatman kom skeur die verhoog oop met die groot live show.

Donasies

Skenk ekstra en help dat die kuier elke jaar kan aangaan. Elke bietjie tel — dankie dat jy omgee.

Kies ’n bedrag

$

Vul asseblief jou naam en ’n geldige e-pos in.

Veilige betaling deur Stripe · Visa, Mastercard & meer

Live · Hoofverhoog

Die Groot Show

Vanjaar bring ons vir Fatman! Vyf dae van kamp, sokkie en boeresport — met Fatman wat die verhoog kom aan die brand steek. Kry jou pas voor dit uitverkoop is.

🎤

Vanjaar se kunstenaar

Fatman

Koop jou kaartjies

Alle kaartjies, oujaar-etes en ontbyt-burgers word op TryBooking bespreek. Kry al die besonderhede en boek jou plek daar.

29 Desember 2026 – 2 Januarie 2027

Boddington Rodeo-gronde · Boddington, Wes-Australië

Bespreek nou op TryBooking

Veilige besprekings deur TryBooking

Vrae & Antwoorde

Wat is by die kaartjie ingesluit?+

Jou 5-dag pas gee jou toegang tot al die kuier-aktiwiteite — die kamp, die braai se atmosfeer, die sokkies, die boeresport en die groot Fatman live show. Kos en drank is by die stalletjies te koop.

Kan ek kamp by die venue?+

Ja! Die Boddington Rodeo-gronde het kampfasiliteite. Skakel vir Michelle by 0418 145 234 vir kamp-besprekings en meer inligting.

Is dit geskik vir kinders?+

Absoluut — dis ’n familie-kuier. Kontak ons gerus oor kinderkaartjies en die program vir die kleintjies.

Wat is julle terugbetaling-beleid?+

Kaartjies is oordraagbaar tot 7 dae voor die geleentheid. Kontak ons indien jou planne verander.

Hoe kry ek my kaartjie ná betaling?+

Sodra jou TryBooking-bespreking deurgaan, kry jy ’n bevestiging per e-pos. Wys dit by die hek — dis al wat jy nodig het.

Bly op hoogte

Teken in op ons nuusbrief vir kuier-nuus, datums en kunstenaar-aankondigings. Ons pos jou net wanneer daar iets belangriks is.